Algemeen

Hoekom die Blog?

Ek wou eers op youtube vlog maar het besef my gesig gaan mense afsit.
Ek is 77 jaar oud. Ek het al 11 jaar chroniese leukemie en is deur drie reekse chemo. Intussen het my gesig melanome begin ontwikkel en was operasies en bestraling nodig. Ek sê dit omdat ek wou opgee maar toe ontdek ek so ‘n jaar gelede ‘n ding wat hul noem geopolitiek. En ek begin lees en kyk. Ek ontdek my brein werk nog! Nou moet ek deel met ander – die wat wil!


Ek skryf artikels vir myself en weet nie wat om daarmee te maak nie. Ek wil episodes uit my lewe vertel maar aan wie? Ek wil praat oor my reise maar met wie? Ek wil deel wat ek in die geopilitiek ontdek.
Hier kan mense wat wil kom kyk!

Ek het die website self gebou. Ek wou my seun betaal om dit te doen maar hy sê toe: Pa kan dit self doen en wys my in die regte rigting. En hier is dit. Die brein werk nog! Dankie Kobus en dankie Youtube!

Author

deruolip@gmail.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *