Geopolitiek

“Vrede” Ukraine en Rusland?

Die oorlog in Ukraine stuur op die onvermydelike “vrede” af. Ek plaas die woord vrede in aanhalingstekens omdat die vrede eintlik beteken ‘n oorgawe van Navo en ‘n oorwinning vir die Russe.

Kyk na die feite.

Rusland is onkeerbaar op pad na die Dnipro rivier. Selfs die Westerse media is besig om dit geleidelik te erken. CNN vanoggend wys die stad Provorsk in Russiese hande – iets wat hul nooit vantevore gedoen het nie. Rusland het intussen hierdie week hul kernoorlog bevel na die Krim skiereiland geskuif.

Kanselier Olaf Scholtz berig in Deutsche Welt verlede week dat hul miskien sal moet begin praat oor die 2014 Minsk ooreenkoms. (sien later)  Angela Merkel het destyds gesê dat die ooreenkoms slegs een was om te wag tot Navo hul sake in orde kon kry (vir oorlog)!  Intussen is Duitsland se ekonomie in moeilikheid. Volkswagen – die grootste maatskappy in Duitsland – is besig om fabrieke toe te maak. Duitsland verwag vanjaar ‘n groei van -.05%.  en miskien positief .05% in 2025. Hiermee saam het Scholz se party 5e en 6e gekom in die onlangse provinsiale verkiesings – toegegee dit was in die ou Oos-Duitsland. Duitsland sluit van volgende week af hul grense en almal moet hulself identifiseer ten spyte van Shengen ooreenkomste. Denemarke en Pole het dit reeds gedoen.

Die Britte het hul eie probleme. Hul beperk hul wapens aan Israel – waarskynlik omdat hulle nie veel oor het nie. Starmer het ‘n groot oorwinning in die verkiesing behaal maar net 20% van die Britte het vir hom gestem. Sy populariteit is negatief. Sy besluit om regses te vervolg en immigrante dieselfde dinge toe te laat, deur gebruik van die Metrolipaanse polisie, het gelei tot onrus. Nigel Farage en die regses is vir die eerste keer meer populêr as Starmer. Ukraine is nie hoog op hul prioriteitslys nie.

Wie ook al die verkiesing wen in die VSA gaan die oorwinning gebruik om te onttrek in Ukraine. Hulle het iemand om te blameer vir die chaos: Joe Biden. Dit is immers hy wat die chaotiese ontrekking in Afghanistan gelei het.  Ek vermoed Duitsland weet dit reeds. Die sterkste ondersteuner van Ukraine in die VSA senaat is Lindsey Graham. Sy rede? In Ukraine is $63 biljoen se mynprodukte wat die VSA nodig het.

In Frankryk sukkel Macron om aan die bewind te bly. Die olimpiese opwelling is verby en nou is dit terug na die werklikheid. Hy ignoreer die kiesers en stel op 5 September ‘n eerste minister, Michel Barnier, aan wat hom volg. Hoe lank sal hy hou?

Zelensky in Ukraine het 7 ministers afgedank en maak benoude spronge. Die inval in Kursk is gestuit en wat nou gebeur is die uitwissing van Ukrainiese soldate in die areas en die vernietiging van Navo wapentuig. Sedert 31 Mei 2024 is hy eintlik nie meer President nie en sê hy bly aan omdat daar ‘n noodtoestand is.

Op die noordelike grens met Belarus trek die weermag van Belarus of Rusland saam – dis onseker wie. Ukraine moes soldate soontoe stuur, net ingeval iets gebeur. Ek volg verslae uit die oorlog van Military Summary twee keer per dag. Hy wys videos en kaarte en wys presiese data met geotags oor waar dinge gebeur. Dit kom uit Ukraine en Rusland.

Turkye se aansoek om by BRICs aan te sluit sal in Oktober 22-24 in Kazan, Rusland bespreek word. Turkye probeer al 20 jaar om deel van Europa te word maar kom nêrens. Dit skep vir Navo probleme want Turkye is deel van Navo. Wat gaan hul hiermee maak?

Minsk 1. In 2014 is ‘n ooreenkoms gesluit tussen Ukraine (wat die 0SCE insluit) en Rusland asook Russiese seperatiste in Donbas en Luhansk oblast’s. Dit sou later oorloop in Minsk II wat naby aan dieselfde was. As julle meer wil weet, moenie google gebruik nie. Soek dit op duckduckgo. Daar vind jy die westerse standpunt op onder andere Wikipedia asook die ander kant soos op Moscow Times en ander media. Dit sal ‘n opstel op sy eie neem om Minsk te beskryf van alle kante. Net dit: Die Spesiale militere Operasie het in 2022 begin maar die oorlog kom al vanaf die VSA gesteunde Maidan revolusie in 2013.

Wat beteken dit alles vir die oorlog? Met Europa aan die wankel en die VSA besig om te onttrek is daar geen ander uitslag moontlik as ‘n Russiese oorwinning nie.

Daar is wat my betref slegs 3 moontlikhede vir vrede.

‘n Klein oorwinning vir Rusland.  Die minimum skaal vir oorwinning vir die Russe sal bestaan uit vier gebiede wat deel word van die Russiese Federasie: Donbass, Luhansk, Kherson en Zaporozhe. Hiermee saam die ontwapening van Ukraine en waarborge van neutrale status. Dan kan die vredes proses begin. Vir die weste sal dit die beste oplossing wees. Ukraine sonder die gebiede is nog ‘n groot land. Die neutrale status sal die probleem wees wat vir interpretasie vatbaar is.

Moskou verstaan dit, die weste bietjie minder en Kiev geheel en al nie.

‘n Gemiddelde oorwinning vir Rusland. Dit sluit die bogenoemde gebiede in plus Kharkov, Odessa en Nikolaev met dele van Krivoy Rog, Bneprovsk en Poltava. Dit sal die logiese verdeling van Ukraine wees in Ooste en Weste.Die twee dele het verskillende geskiedenisse, identiteite en geopolitiese orientasies. Rusland sal so ‘n verdeling aanvaar en voltooi wat in 2014 begin is.

Dit is egter totaal onaanvaarbaar vir die huidige Kiev regering. Ons moet in ag neem dat Zelensky se presidentskap op 31 Mei verval het omdat geen verkiesing gehou is nie. Die regering kan dus verander in Kiev en selfs in die VSA in November. Vir die Weste hou dit die voordeel in dat die oorblyfsel van Ukraine sonder enige vereistes van Rusland bestaan.

Die totale oorname van Oekraine. Zbigniew Brzezinski, Pools-Amerikaanse diplomaat in die tyd van Lyndon Johnson en Carter, het geskryf: Sonder Ukraine kan Rusland nie ‘n empaaier word nie. Europa lees dit: Met Ukraine sal Rusland ‘n empaaier word. In die multi-polêre wêreld waarin ons beweeg sal dit vir die weste ‘n probleem skep.Tog, selfs in hierdie scenario, sal die weste nie kritieke verliese ly nie. Rusland sal afgesny bly van die weste, sal gedemoniseer bly in baie lande. Ukraine self sal deel wees van ‘n enkele land sonder etniese nadele en sal vryelik deur Rusland kan beweeg. Die antieke hoofstad van Rusland, Kiev, sal weer in die sentrum van die Russiese wêreld wees en nie op die periferie nie.

Die twee laaste moontlikhede sal die grondgebied wat hul dan het verbind aan Transnistria. Transnistria is ‘n Russiese bevolking wat hulself losgemaak het van Moldovia en hul eie regering het wat deur niemand erken word nie. Hul het reeds Rusland om hulp gevra.

Dit is na my mening die drie moontlikhede vir “vrede”.

Kernoorlog? Ek sal dit volgende bespreek.

Author

deruolip@gmail.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Nuwe groep in VSA?

29 August 2024

Mites in ons lewe

11 September 2024