Die opkoms en val van ‘n Empaaier (Deel 3)
Die wereld is in ‘n botsing proses.
Die opkoms van China uit sy koloniale status is iets wat nog nie in die wereld gesien is nie. Elke sg derde wereld land moes vir finansiering van infrastruktuur na die G7 lande gaan. Nou gaan hulle na China. China is baas in Afrika. Ekonomiese sake dryf politiek. Die VSA kan die proses nie keer nie soos die Britse ryk dit in die verlede dit nie kon doen nie. In Niger vervang Russiese soldate die van die VSA.

Biden probeer met sanksies teen China. Trump het probeer met invoer heffings. Dit het min of geen uitwerking gehad op China se groei nie. Onlangs het Biden probeer met rekenaar skyfies en Nederland verbied om sekere masjiene uit te voer wat die skyfies sny. China maak toe op hul eie ‘n skyfie wat vir Huawei wat vir Apple briekmerke gee. En dan het ek nog niks gesê oor die Belt and Road inisiative van China waarvan 152 lande deel is nie. (https://en.wikipedia.org/wiki/Belt_and_Road_Initiative) China besit 67% van die Griekse hawe Piraeus en dit werk goed. Hulle probeer ook deel van Hamburg hawe koop.
Wat is die oplossing?
Erken wat is aan die gebeur en begin saamwerk met Brics. Begin ‘n nuwe Brettonwoods tussen G7 en Brics. Begin om insluitend te word en nie uitsluitend nie.
Die probleem is dat die VSA nog in die Empaaier droom leef. Hulle is nog in die ontkenningsfase. (Sien Elisabeth Kubler-Ross) Mense soos Sullivan, Blinken en Victoria Nuland (wat onlangs bedank het – of is sy ge-fire oor haar misleiding in Oekraine?) en ander lei die politici aan hul neus. O ja – ek moet ook nie vir Hillary Clinton vergeet nie. Maar die rouproses is aan die gang. Die woede fase is besig om deur te kom met al die sprake van oorlog. Dan sal hulle wil beding. Die vraag is net wie sal dan nog beding?
Dit lei tot depressie (ekonomies?) en uiteindelik, soos Brittanje, aanvaarding.
Dit is die hele proses. Gaan die VSA die hele proses deurgaan of gaan die 2024 verkiesing (as dit plaasvind!) hul ruk tot bedinging. Terwille van die wereld is dit wat moet gebeur. Bedinging met die globale suide tot voordeel van almal – ook die VSA. Geen empaaier meer nie. Nie Chinees of Russies nie. Nie VSA empaaier nie. Dit sal baie moeilik wees want die Ooste vertrou glad nie meer die Weste nie. Daar was te veel ooreenkomste wat verbreek is.
President Putin het in sy onderhoud met Tucker Carlsen genoem dat die twee werelddele (Die Westerse “rules based” groep en die globale suide) soos die linker en regterbrein van die mens is. Jy het albei lobbe nodig om te leef. So het die wereld beide lobbe nodig om in vrede saam te leef.
My hoop is dat Brics geen empaaier gaan toelaat nie. Dat die wêreld globaal multipolêr sal wees. Geen meer konings en koninginne nie. Kan die VSA verander? Ek twyfel maar hul sal moet – maar dit kan te laat wees

Ek hoop nie dit is die resultaat nie!

