Chicago 1968 en 2024
Die gebeure van 1968 by die Konserwatiewe party se konvensie om ‘n kandidaat te kies vir die presidentsverkiesing is besig om sigself te herhaal. Ek wil amper sê dit is verbluffend!

Die 2024 konvensie vind weer in Chicago plaas. In 1968 wou die Bugemeester van Chicago, Richard J Daley, Chicago uitstal as wetsgehoorsaam en beste stad in die VSA. Die amfiteater waar die konvensie gehou is, is met doringdraad toe gespan. 11000 polisie is op 12 uur skofte geplaas. Nog 6000 manne van die Illinois National Guard is opgeroep. Dit word ‘n stad onder beleg.
Die probleem was die Vietnam oorlog. Reuse protesbewegings was aan die gang reg deur die VSA en ‘n jong groep wou hier protesteer teen die Vietnam oorlog. Pres Johnson het die ouderdom vir die oproep van jong manne vir die oorlog van 21 na 18 verminder. Hul protes: Ons kan eers op 21 stem maar moet op 18 oorlog toe gaan. Daar is ‘n hele paar videos oor hofsake en proteste wat gevolg het.
Die punt is egter dat Johnson op 31 Maart 1968 aangekondig het dat hy nie weer gaan staan vir die presidentskap nie. Sy vise president was Hubert Humphrey wat uiteindelik die kandidaat sou word teen Richard Nixon. Hy het verloor.
Op 5 Junie 1968 word die een kandidaat, Robert Kennedy, in ‘n sluipmoord dood geskiet. Hy was op daardie stadium tweede agter Humphrey met afgevaardigdes en meer populer onder die kiesers. Die derde kandidaat was George McGovern.
Die Yippies (Youth International Party) wou protesteer maar dit is verbied. Hulle sou “super-hot hippie girls” stuur om afgevaardigdes te verlei en LSD te voer. Hulle sou LSD in die watertoevoer na die amfiteater gooi!

Die media het teen Daly gedraai. Net voor die konvensie het die Yippies ‘n vark met die naam Pigasus in die konvensie losgelaat en dit as president genomineer. “They nominate a president and he eats the people. We nominate a president, and the people eat him.”
Die konvensie was verdeeld tussen pro-oorlog en anti-oorlog afgevaardigdes. Intussen het Johnson, wat nie die konvensie bygewoon het nie, Humprey be-invloed om nie vir vrede te staan nie – dit terwyl Johnson op sy Texas plaas ontspan. Die verdeling was 60-40 ten gunste van oorlog. George McGovern was aan die kant van vrede.
Die verkiesing self is later verder be-invloed deurdat George Wallace as onafhanklike gestaan het en amper 15% van die stemme gekry het met sy wit baasskap platform.
Hier is ‘n argief video van die konvensie.
In 2024 het Biden op 21 Julie aangekondig dat hy nie gaan staan as kandidaat nie. Hy ondersteun vise-president Kamala Harris. Nou 24 uur later het die groot persone in die Demokratiese Party nog nie sy aanbeveling aanvaar nie. Van wie praat ons? Obama, Hillary Clinton, Schumer, Jefferies en Pelosi. Blykbaaar sal Woensdag 24 Junie ‘n vergadering gehou word om hieroor te praat.
Intussen was daar ‘n mislukte sluipmoord aanslag op Trump. Die oorlog in Gaza word erger en het uitgebrei na Yemen. Ek noem nie eers Ukraine nie – waar die oorlog teen November kan klaar wees in Rusland se guns. Hul voordeel is dat daar nie 70 000 Amerikaners dood is soos in Vietnam in 1968 nie. Die Gaza ondersteuners gaan egter protesteer met of sonder toestemming.
Ek wonder maar net wat gaan gebeur!
