Die “van” Oliphant – Kort geskiedenis
1.1 Vroeë Geskiedenis

Die oorsprong van die van Oliphant (en sy variante Olivent, Olifard, Holifard, Holifarth, Olyphant, Olifant ens.) in Skotland was ’n Donal Holifard of Holifarth. Hy het skipbreuk gely aan die Skotse Ooskus naby die huidige Kincardineshire. Die naam kom van die Noorse naam Olaf.
Min inligting is beskikbaar oor hom. Hy was blybaar ’n edelman wat belangrik genoeg was dat ’n skip gestuur is om na hom te soek. Hy wou blykbaar deel wees van Harold Haarfinger se invalle in Skotland. As belangrike person is hy goed ontvang deur Koning Donald I van Skotland en met respek behandel. Hy het geval vir ’n dogter uit ’n plaaslike familie en toe ’n skip gestuur is om hom te red het hy geweier. Van sy afstammelinge, Roger Olifard was Sherrif van Mearns aan die Ooskus.

Die eerste aangetekende grondbesit waarvan ons bewus is, was die familie van David Olifard. Die grond is aan hom toegeken is in 1141 deur Koning Dawid I van Skotland.
Die Olifard naam is geleidelik verander na Olifart, dan Olifaunt en uiteindelik Oliphant wat die Franse naam was vir die groot diere wat op die kruisvaarte raakgeloop is.
1.2 Middeleeue
In die laat 13e eeu, na die dood van Alexander III, was Skotland sonder ’n koning. Sy erfgenaam, Margeret, is kort daarna dood. Die edelmanne van Skotland het bymekaargekom om oor Skotland te regeer.
Drie aanspraakmakers op die troon het na vore gekom: John Balliol, Die Comyn en Robert the Bruce. Die Skotte vra toe Koning Edward I (Longshanks) van Engeland om as arbiter op te tree. Edward kies toe vir Balliol, die swakste van die drie, omdat hyself planne gehad het vir Skotland. Balliol was in Skotland bekend as “toom tobard” wat beteken “leë Jas”. Edward val Skotland binne en verklaar homself heerser. Edelmanne en Clans moes aan hom belasting betaal.


’n Paar het geweier en die ruggraat geword vir die Skotse geveg vir onafhanklikheid, ‘n stryd wat vandag nog geveg word! Vier leiers het die stryd aangeknoop: William Wallace, John de Soulis, Simon Fraser en William Oliphant.

Sir William Oliphant van Aberdelgie, in baie geskiedenis boeke bekend as die Gallant Knight, was ’n Skotse patriot. Hy is in bevel geplaas van Stirling Castle in die suide van Skotland. ’n Troepemag is hier geplaas. In 1304 het Edward weer begin met sy terreurveldtog in Skotland. Sir William was saam met 50 ander manne gestel om die kasteel te verdedig. Daar was nog 3 ander Oliphant’s onder sy bevel. Die onderbevelvoerder/adjunk/helper/regterhand was sy neef, Sir William van Dupplin. Edward plaas die kasteel onder beleëring. Groot skares Skotte en Engelse het die beleëring kom aanskou, selfs die koningin. ’n Gat is in ’n muur van haar tuiste gekap sodat sy die beleëring in gemak kon dophou.
William Oliphant het vir drie maande die kasteel verdedig. William Wallace het in die tyd besoek en skelm gehelp met voorraad. In Augustus 1304 moes hy oorgee. Hy is voor Koning Edward geparadeer, naak met ’n ketting om sy nek. Edward wou hom doodmaak. Die koningin wat beindruk was deur die verdediging van die kasteel het egter gepleit vir sy lewe en hy is in die Tower of Londen opgesluit.
Die plakket hieronder is die herinnering aan William Oliphant se verdediging van Stirling Kasteel.

Na 4 jaar is hy deur Edward se seun vrygelaat. Hy is geplaas as die “keeper of Perth” Ironies genoeg is die stad in 1312 aangeval deur Robert the Bruce. Oliphant het 2 maande uitgehou maar is verslaan en verban na een van die eilande waar hy gesterf het. Sy neef, Sir William Oliphant van Dupplin het die leier van die Clan geword. Hierdie sir William het die clan gelei in die slag van Bannockburn saam met Robert the Bruce. Toe Robert the Bruce koning word van Skotland, is grondgebied toegeken aan sir William van Dupplin en hy was een van die ondertekenaars van die verklaring van Arbroath waaraan sy seël geheg is. (1320)

Robert the Bruce se dogter Elizabeth het getrou met met Walter Olifard van Aberdelgie. Dit maak Robert the Bruce voorvader van baie van die Oliphant-clan.
Hierna in die geskiedenis, was daar 10 Lords Oliphant, waarop ek nie sal ingaan nie.
’n Interresante verhaal vir my is die van die derde Lord. Sy clan was in stryd met die Sinclairs. Hy was lief vir Jakkalsjag en een dag terwyl hy jag is hy in ’n lokval gelei deur die Sinclairs. Oliphant het ’n vinnige perd gehad en hy het gejaag terug na Old Wick Kasteel, ook bekend as Oliphant Kasteel. Die brug was egter opgetrek. Volgens die legend het hy oor die grag van ongeveer 8 meter gespring met sy perd.en veilig geland!
1.3 Die Jakobiete
In 1685 word James VII van Skotland en II van England, koning. Die Rooms-Katolieke in England het hom gesteun. Hy was ’n groot Rooms-Katolieke ondersteuner.
Die Presbiteriane in Skotland wou Koning William as koning hê. Die Katolieke en Episkopaalse clans wou James as koning hê. Die ondersteuners van James het bekend geword as die Jakobiete. Die Oliphant Clan , episkopoliane, was ondersteuners van die Jakobiete. (Jakobiete kom van die Latyn vir James: Jacobus). William, die 9e Lord Oliphant, het die Clan in die Jakobiete beweging verteenwoordig vanaf 1689. In 1707 is Skotland en Engeland verenig. Die Jakobiete was daarteen. Om ’n lang storie kort te maak – die stryd het voortgeduur.
In 1745 land Prince Charles Edward Stuart in Skotland. Hy het in Italië grootgeword. Die Jakobiete het hom as die regmatige koning beskou en die clans , Oliphants ingesluit, begin Bonnie Prince Charlie volg. Die prins het later ontbyt gehad by Laurence Oliphant of Gask. Hy laat ’n haarlok en stukke klere hier as aandenking. Dit is vandag te sien in Ardblair Kasteel, die setel van Laurence Kington Blair Oliphant van Gask.
Bonnie Prince Charlie en sy volgelinge wat insluit die Oliphant clan is in die geveg by Culloden verslaan.

Twee Oliphants, Laurence the Elder en Laurence the Younger het gevlug na Aberdeenshire. Hulle vlug na Swede en toe Frankryk. In 1763 is hul toegelaat om terug te keer. Hul grondgebied is deur die regering oorgeneem.

Dit is in 1753 deur Ebenezer Oliphant, ’n ryk goudsmit uit Edinburgh teruggekoop. Hier is Carolina Oliphant gebore wat vandag beskou word as die tweede beste Skotse digter na Robert Burns. Haar gedigte was meesal Jakobitiese klaagliedere wat sy geskryf het om die gewonde gees van haar vader en oupa op te beur. Haar klaaglied aan Bonnie Prince Charlie “Will ye no come back again” is die bekendste.
Hier in Aberdeenshire begin die verhaal van die Oliphants van Suid-Afrika.
Die Clan Oliphant Vandag: Die clan hou twee-jaarlikse samtrekke in Skotland en Oliphants van oor die hele wereld kom daar bymekaar.Die groot organiseerder is Roddy Oliphant. Hy het die Oliphant stamboom tot in 1613 nagevors. Hier sien u hom in sy tartan langbroek! Die gebou agter was deel van die Oliphant gronde in Skotland.


Die kerk in Aberdalgie is die sentrum van die Oliphant geslag. In die kerk is daar ’n “shrine” vir Sir William en sy graf is in die begraafplaas langs die kerk..
Die eerste Oliphant in Suid Afrika was William Oliphant wat van Aberdeen Skotland gekom het. Hy is in Arbath Aberdeenshire gedoop in ‘n Episkopaalse gemeente. Hier het hy met Barbara Maria Claassen getrou en is in op 6 Augustus 1858 oorlede. Hy was ‘n onderwyser aan die Suurberge. Dit is die deel wat vandag die Addo Olifant park en die Sondagsrivier vallei is.
