Die opkoms en val van ‘n Empaaier (Deel 1)
Die Encyclopedia of global Justice definieer Empaaier as volg:
An empire is an imperial form of domination of one nation, tribe, or society over one or more nations, tribes, or societies. Such domination is maintained through the control of social, political, cultural, and economic domains of the dominated societies.

Ons staan in 2024 voor die grootste uitdaging wat die wereld nog ooit gehad het. Ek is nie pessimisties nie maar al die tekens wys dat die einde van die VSA empaaier aan die kom is met geweldige implikasies vir die hele wereld. Selfs die rykste mense in die wereld wat jaarliks in Davos bymekaar kom se tema hierdie jaar was: Hoe kry ons weer vertroue terug? Dis nie moontlik nie. Dit kan nog ‘n aantal jaar neem maar die val word al vinniger met elke nuwe oorlog en met elke sanksie wat die VSA teen enigeen begin.
Faktore wat bydra tot val van ‘n Empaaier.
Daar is ‘n aantal komplekse faktore wat bydra tot die val van ‘n empaaier.
- Oor-uitbreiding: Empaaiers word te groot en die reëls word al moeiliker om toe te pas. Lei tot administratiewe uitdagings.
- Ekonomiese redes: Handel ongebalanseerd, oormatige spandering op militere kampanjes. Groot skuldlas.
- Interne struweling. Politiese binnegevegte, sosiale onrus, etniese of godsdienstige konflik. Kan lei tot burgeroorlog of revolusie.
- Druk van buite: Versuim om aan te pas by geopolitieke veranderende dinamika kan empaaiers kwesbaar maak.
- Omgewingsfaktore: Natuurrampe, weerverandering, bronne wat verminder. Droogte, hongersnood en ander omgewingskrisis.
- Kulturele en sosiale veranderings: Waardes en sosiale norme verander.
- Militere Oorskatting: Pak te veel oorloë aan. Volkslede nie meer gewillig om te sterf nie.
- Leierskap mislukkings: Swak leierskap, korrupsie, onbevoegdheid.
VSA – ‘n Empaaier?
My eerste vraag moet wees: Is die VSA ‘n empaaier. Hulle voldoen aan die definisie van Encyclopedia of global Justicedie bo.
Die VS empaaier het ontstaan na die eerste wereld oorlog. Inderwaarheid het die stryd met die Britse empaaier reeds met die oorlog in 1776 in die voormalige verenigde 13 state se vryheidsoorlog teen die Britte. Brittanje verloor die oorlog. In 1812 voer Brittanje weer oorlog teen die VSA en verloor die oorlog. Dit was die begin van die val van die Britse Empaaier.

Toe kom die Eerste Wereld oorlog en die VSA moet ingyp toe die Britte in Europa sukkel. Dit help dat Duitsland die oorlog verloor. Brittanje is feitlik bankrot en die VSA floreer tot die depressie van 1930’s kom. Weereens begin Europa ‘n oorlog. Weerens moet die VSA ingryp en hul doen dit deur wapenondersteuning (op skuld vir Brittanje!) totdat Pearl Harbour gebeur en die VSA die oorlog binnegaan. Amerika het skielik werk vir werkloses – helfte word soldate en die ander helfte produseer wapens.
Hierna was die Britse Ryk bankrot asook die hele Europa. Die VSA word die dominante land met Brittanje, Duitsland, Frankryk, Italië, Japan, Sowjet Unie en noem maar op, bankrot. Die VSA word die no 1 dominante ekonomiese sisteem.
Die eerste dollar is in 1914 gedruk, een jaar na die stigting van die federale reserwe bank in die VSA.
As verskaffer van die geallieerdes se wapens in WO2 is die VSA betaal met goud. Teen die einde van die oorlog het die VSA die meeste van die goud in die wereld besit. ‘n Goudstandaard vir geldeenhede was onmoontlik want ander lande het hul reserwes uitgeput. Afgevaardigdes van 44 ge-allieerde lande het vergader in Bretton Woods in 1944 om ‘n sisteem te ontwikkel vir valuta beheer. Daar word beluit om die geldeenhede van die wereld te koppel aan die dollar. Dit staan bekend as die Bretton Woods Ooreenkoms. Die VSA onderneem om dollars te ruil vir goud op aanvraag. Dit is die eintlike vestiging van die empaaier.

Nou hou lande reserwes in Dollar en nie in Goud nie. Om die geld te stoor begin lande nou Treasury Securities koop of wat genoem word Treasury bonds. Die VSA het egter soveel papiergeld begin druk om hul sg Great Society te bou en die koste van die Vietnam oorlog te finansier dat lande hul dollars vir goud wou omruil. Dit het so erg gegaan dat Pres Nixon die dollar losgemaak het van goud. Vandag is geldeenhede swewend teen die dollar met niks wat dit werklik ondersteun nie behalwe die geloof dat dit werk!
Die probleem is dat die empaaier met sy G7 en Nato die reëls maak en die res van die wereld moet gehoorsaam. Hulle beheer die IMF en Swift en alles moet met dollars betaal word. Die VSA beheer die sogenaamde “Rules based Society” Daarmee saam het die VSA en Navo meer as 800 miltere stasies reg deur die wêreld om hul mag te af te dwing – waar ook al.
Deel 2 om te volg!
